Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer 'n bakplaat.

  • Meng die gesmelte ­botter of klapperolie, heuning of klapper­suiker, vanielje, bakpoeier en koeksoda en sit dan eenkant.
  • Verwerk 125 ml (½ k) van die bruinrysmeel, die klapper, hawermout en dadels in 'n voedselverwerker tot gemeng.
  • Giet die botterige heuning­mengsel in ’n mengbak saam met die dadel-en-bruinrysmeelmengsel en die oorblywende bruinrysmeel en sout. Meng goed.
  • Rol in balle (sowat 1 ­opgehoopte eetlepel deeg) en pak op die voorbereide bakplaat.
  • Maak die balle plat in ronde koekies deur dit liggies met die palm van jou hand af te druk.
  • Bak 20-25 min. terwyl jy dit halfpad omdraai sodat dit goudkleurig en bros raak. Laat afkoel.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.