Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 

  • Sif die tapiokameel in ’n bak.
  • Meng die olie en sout met die water, giet in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
  • Gebruik ’n houtlepel en roer die tapioka stadig by tot ’n stywe deeg vorm. 
  • Laat effens afkoel en roer die eier by. Voeg die jogurt en kaas by. 
  • Smeer olie aan jou hande en rol die deeg in 12 bolletjies. Pak op die bereide bakplaat. 
  • Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak 25-30 min. of tot ’n toets­pen skoon uit die rolletjies kom. Laat op ’n ­afkoelrak afkoel. 

Dié gewilde broodrolletjies word oral aangetref. Soms word dit met koringmeel gemaak, maar vir dié weergawe word glutenvrye tapiokameel gebruik. In Brasilië word dit algemeen saam met koffie vir ontbyt voorgesit, maar dit is ook ideaal as peuselhappie saam met drankies.

Wenk: Bak die broodjies net voor dit voorgesit word sodat dit sy bros korsie kan behou.