Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 6 soufflé-­ramekins met botter. Besprinkel met die meel en skud die oortollige meel af. 

  • Smelt die botter in ’n klein kastrol. Voeg die koekmeel en mielieblom by en roer 2 min. goed oor lae hitte tot glad. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy die mengsel aanhou roer tot dit ’n gladde mengsel vorm. Meng dit met ’n draadklitser tot die mengsel kookpunt bereik.
  • Verminder die hitte tot laag en roer die kase by. Roer tot gesmelt.
  • Skei die eiers en klits die drie eiergele by die mengsel. Verwyder van die hitte.
  • Gebruik ’n skoon klitser en mengbak en klits al 5 die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou liggies by die kaasmengsel in.
  • Skep die soufflémengsel in die bereide rame­kins tot dit driekwart vol is. Plaas die bakkies op ’n bakplaat en sit die bakplaat op die middelste oondrak. Bak 15 min. in die oond. Die soufflé sal uitgerys en goudbruin wees.
  • Haal uit die oond en sit onmiddellik voor of laat staan eenkant en plaas vir 5 min. in die oond om weer warm te word. Dit is algemeen dat soufflés insak wanneer dit uit die oond verwyder word. Moet jou nie daaroor bekommer nie; dit smaak steeds heerlik.