Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 groot bakplate met kossproei.

  • Ribbetjies: Sit die ribbetjies, ui, knoffel en lourierblare in 'n kastrol. Bedek met water en laat 45 min tot 1 uur kook, of tot sag. Haal uit en verwyder die bene.
  • Rolletjies: Knie intussen die deeg liggies af en rol in 8-10 okkerneutgrootte-bolletjies. Pak op een van die bereide bak­plate, verf met die botter en sprinkel die sesamsaadjies oor, indien gebruik. Laat 30 min. rys. Bak 15-20 min. in die oond of tot gaar. Hou eenkant om af te koel.
  • Vir afronding: Verhoog die oondtemperatuur  tot 200 °C. Bedek die ribbetjies met die braai­sous en pak op die bereide bakplaat. Rooster 10-15 min. in die oond of tot effens geskroei en klewerig. Die ribbetjies kan ook oor die kole gebraai word indien verkies.
  • Sny die ribbetjies so groot soos die rolletjies. Sny die rolletjies oop, smeer met die rissie­sous en pak van die kruie en ribbetjies op.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.