Ons gee moskonfyt ’n kinkel deur steranys by te voeg. Dit kan ook uit­gelaat word indien verkies.

Hou 2 gesteriliseerde flesse byderhand.

  • Plaas al die be­stand­dele in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer liggies tot al die suiker opgelos is.
  • Bring die konfyt tot kookpunt en verlaag die hitte sodat die konfyt prut. Laat prut sowat 30 min. of tot die stropie so dik is soos verkies.
  • Skep van die skuim bo-op die konfyt af terwyl dit prut en gooi weg.
  • Skep die warm konfyt in die gesteriliseerde flesse en seël goed. Laat heeltemal afkoel.
  • Sit die konfyt voor saam met camembertkaas indien verkies.