Maak ’n braaivuur en sorg vir genoeg kole vir braai. Hou ’n fles byderhand.

  • Sout: Stroop die kruie van die stingels af en verwerk dit in ’n voedselverwerker tot fyn­gekap.
  • Voeg die sout en brand­rissievlokkies by en verwerk tot goed gemeng. Versprei die soutmengsel op ’n skinkbord en laat 2-3 uur op ’n warm, droë plek uitdroog. Meng die sout af en toe om te verseker dit droog heeltemal uit. Gebruik die sout as geurmiddel en bêre orige sout in die fles.
  • Vir voorsit: Geur die vark­repies met die kruie­sout en pak op ’n toeknyprooster. Braai die repies 10 min. per kant of tot die repies gaar en bros is. Draai die rooster gereeld om.
  • Sprinkel: nog van die sout oor die repies, indien verkies, en sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Wenk 

Die sout kan ook in die oond uitgedroog word. Verhit die oond tot 60 °C (met die waaier aan, indien moontlik). Versprei die sout op ’n bakplaat, plaas in die oond en hou die deur op ’n skrefie oop.

Droog ’n uur, meng die sout deur en droog nog ’n uur. Bêre in ’n fles.