Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Vulsel:Meng alles goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Rolletjies: Rol die skilferkorsdeeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  • Sny elke vel deeg in 4 blokke. Skep van die vulsel in ’n lyntjie in die middel van elke blok deeg. Verf die rande met die eier en rol die deeg op soos ’n worsrolletjie. Sny die punte af en pak die rolletjies op ’n bereide bakplaat.
  • Verf die rolletjies met die oorblywende eier en sprinkel die sesamsaad oor. 
  • Bak die rolletjies 10 min. in die verhitte oond. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak nog 15-20 min. of tot goudbruin en gaar. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met tamatie- of sojasous indien verkies.