Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Meng die speserye.
  • Verhit die olie en roerbraai die uie en brand­rissie tot sag. Voeg die speserymengsel, ­feta­- kaas, droëvrugte en pitmielies by. Meng die stingeluie en kruie by.
  • Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Klits die eiers en jogurt saam en roer by die droë ­bestanddele in. Voeg die fetakaasmengsel by en meng goed.
  • Verhit genoeg olie vir vlakvetbraai in ’n pan en skep lepels vol van die mengsel in die pan. Braai sowat 10 sek. per kant in warm olie. Dreineer en pak op ’n bakplaat. Bak 10-15 min. tot heeltemal gaar. Sit voor saam met sambal.