Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

  • Druk die oortollige vloeistof uit die murgpampoentjies en plaas in ’n mengbak.
  • Voeg die eiers, mozzarella en klapper- of amandelmeel by die murgpampoentjies en meng goed. Geur liggies met die sout en lekker baie vars gemaalde peper.
  • Skep lepels vol van die mengsel op die bereide bakplaat en druk platter sodat dit soos poffers lyk.
  • Bak die poffers 10 min. of tot gaar. Skakel die rooster­element van die oond aan en rooster nog 3-5 min. of tot goudbruin. 
  • Vir voorsit: Smeer die maaskaas op die poffers, pak die avo­kado­­skyfies en biltong op en garneer met die vars kruie.