Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2 muffinpanne (met 12 holtes elk) goed met kossproei.

  • Nacho-bakkies: Verf die tortillas liggies met die olyfolie en sny elkeen in 6 driehoeke.
  • Meng die speserye en sprinkel oor die tortillas. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Druk die tortilla-driehoeke elk in 'n muffinpanholte.
  • Bak 7-10 min. in die oond of tot ligbruin en bros. Haal versigtig uit die muffinpanne, pak op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.
  • Guacamole: Plaas alles saam in die bak van 'n voedselverwerker en pols tot fyn. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir afronding: Skep van die guacamole in elke tortillabakkie. Sprinkel van die tamaties en koljander oor en sit dadelik voor. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.