Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Verhit die rosyne en soetwyn in ’n kastrolletjie en laat prut tot die meeste van die vloeistof weggekook het. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
  • Meng die meel, kitsgis, sout en roosmaryn in ’n groot mengbak. Voeg die rosyne by en meng goed.
  • Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en giet die botter en 250 ml (1 k) water by. Meng met ’n vurk en hou aan water byvoeg tot die deeg bymekaar begin kom.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie sowat 10 min. of tot glad en elasties. Vorm die deeg in ’n bal.
  • Smeer ’n groot, skoon mengbak met ’n bietjie olie en sit die deegbal daarin. Bedek met kleefplastiek en laat rys sowat 45 min. op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.
  • Knie die deeg liggies af en verdeel in 8-10 gelyke bolletjies. Rol elke bolletjie in ’n slangetjie. Knoop elke slangetjie en vou die punte onder die knoop in (of gebruik die bolletjies net so).
  • Vir afronding: Pak die broodknopies op die bereide bakplaat en druk van die druiwe­takkies en roosmaryn in elkeen. Laat rys nog 15 min. en sprinkel die sout oor. Bak die rolletjies 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
  • Verf die rolletjies met die botter en sit voor saam met die olyfolie vir doop.