Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Kool: Smeer ’n oondbak met die helfte van die olie. Pak die koolskywe in die bak, geur met die sout en vars gemaalde peper en drup die res van die olie oor. Bedek die bak met foelie, plaas in die oond en rooster ongeveer 20 min.
  • Tamatiesous: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Voeg die knoffel by en roerbraai tot geurig. Voeg die tamaties by en laat 10 min. stadig prut.
  • Roer die suurlemoenskil en -sap en suiker by en geur met die sout en peper na smaak. Voeg die koljanderblare by en meng deur.
  • Vir afronding: Haal die kool uit die bak en skep die tamatiesous by. Pak die kool weer terug in die bak en pak die spek op. Rooster (sonder foelie) nog 10-15 min. in die oond tot die spek bros is. Sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!