• Kapokaartappel: Druk al die bestanddele fyn en geur met die sout na smaak. Hou eenkant.
  • Maalvleis: Verhit die olie en braai die ui, knoffel en brandrissies tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Voeg die soet­rissie by en roerbraai tot sag.
  • Roer die paprika, ko-myn, origanum en lemmetjie- of suurlemoensap by. Geur met die sout en peper na smaak. Skep uit die pan en hou eenkant om af te koel
  • Krummel: Neem 60 ml (¼ k) van die kapok in die palm van jou hand, maak effens platter en skep ’n lepel van die maalvleis in die middel. Vorm die kapok om die maalvleis en rol in ’n balletjie.
  • Herhaal met die res van die kapok en maalvleis. Rol die balletjies in die meel en doop in die eier. Rol in die broodkrummels en pak op ’n bord. Verkoel minstens 
    30 min. tot ’n uur.
  • Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die balletjies in sarsies tot goudbruin. Dreineer op kombuis­papier.
  • Vir voorsit: Sit die balletjies voor saam met die lemmetjiewiggies en seesout.