• Gebruik ’n mando­lien (op die dunste instelling gestel) en sny die patats in dun, ronde skywe. Of gebruik ’n mes om dit in dun skywe te sny.
  • Verhit die olie en braai die patatskywe in bondels tot bros en goudbruin, sowat 3-4 min. per bondel.
  • Geurmiddels: Meng al die bestanddele goed. Sodra die ­skyfies gebraai is, sit dit in ’n groot bak en bestrooi met die geurmiddels tot alles eweredig daarmee bedek is.