Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 bakplate met bak­papier uit en bespuit goed met kossproei. 

  • Sny die patats in die helfte en dan in ­wiggies van sowat 2,5 cm breed.
  • Meng die wiggies in ’n groot bak met die knoffel, olyfolie, tiemie, rissievlokkies en sout. Plaas die wiggies in ’n enkellaag op die voorbereide bakplate en bak 40 min. Bedruip die wiggies liggies met heuning 5 min. voor dit gaar is en bak nog tot gaar.
  • Doopsous: Klits die jogurt, suurlemoensap, brandsous (indien gebruik) en knoffel saam in ’n bak. Roer die spriet­ui, pietersielie en bloukaas by. Geur met sout en peper en sit voor saam met die patatwiggies.