• Quinoa: Plaas die quinoa, knoffel, suur­le­moen­skil en -sap, basilie­blare, sumac, heuning of esdoringstroop en olyfolie in 'n mengbak. Meng goed sodat al die wonderlike geure in die quinoa intrek. Toets, geur na smaak, voeg die amandels by en sit dan eenkant.
  • Bedruipsous: Meng die tahini, knoffel, water, suurlemoensap en ­heuning of esdoring- stroop in 'n ander bak en geur dan na smaak.
  • Skep die slaai in 'n bord, bedruip met die tahini-­sous en sprinkel die ­amandels oor.
Wenk
Om die slaai heeltemal veganisties te maak, vervang die heuning met organiese ­esdoringstroop. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.