• Dreineer die rys goed.
  • Verhit die botter in ’n kastrol en braai die rys ’n paar minute. Voeg die sout, baharat en saffraan, indien gebruik, by en braai nog ’n paar minute. Bedek met warm water en bring tot kookpunt. Laat prut tot die water weggekook het en die rys net sag is. Verwyder van die hitte.
  • Terwyl die rys kook, smelt die botter vir die neute in ’n pan. Braai die neute tot goudbruin en plaas eenkant.
  • Sodra die rys gaar is, meng die helfte van die neute en al die appelkose en lemoenskil by die rys in saam met die botter van die pan. 
  • Vorm die mengsel in ’n koepelvormige bak en keer op ’n plat bord uit. Bestrooi met die oorblywende neute en die pietersielie. Sit voor saam met gehalveerde vye.