Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Tjips: Sny die patats in skywe van 5 mm dik en dan in repe van 5 mm. Plaas in ’n bak koue water. Droog goed af met ’n skoon vadoek.
  • Plaas die tjips in ’n groot plastieksak saam met die mielieblom. Maak dit dig toe en skud. Plaas in ’n bak en giet ’n bietjie sonneblomolie, sout en peper by.
  • Giet nog sonneblomolie in ’n oondpan en plaas vir ’n paar minute in die oond. 
  • Plaas die tjips in ’n enkellaag met ’n bietjie speelruimte in die pan (jy sal dalk twee panne moet gebruik of dit twee keer moet doen). 
  • Bak 30 min. in die warm oond en draai halfpad om. Bak tot oral bros.
  • Sous: Verhit ’n pan oor matige hitte en voeg die olyfolie en botter by. Sodra dit warm is, kan jy die sampioene byvoeg saam met die ui, tiemie, salie en sout en peper.
  • Voeg die wyn by en kook tot die helfte van die vloeistof weggekook het. Voeg die aftreksel en worcestersous by en laat kook. Stel die temperatuur laer en laat sowat 10 min. prut.
  • Meng die meel met 60 ml (¼ k) warm water in ’n klein bakkie. Klits die meelmengsel in die sous in en laat prut nog 5 min. Klits die koue botter in vir ’n pragtige glans.
  • Plaas die patattjips in ’n bak. Sny die mozzarella in blokkies en werk deur. Giet die sous oor.
  • Sit voor saam met bros salieblare.

Wenk: Ek het al bevrore patattjips probeer en dit werk net so goed. Vir ekstra geur en tekstuur, braai salie­blare in botter en sprinkel bo-oor.

Vegetaries

SuzelleDIY
Poutine is Kanadese slaptjips met sous en kaas, en dis heerlik. Hier is my weergawe.