Sagte en gebraaide polenta

akkreditasie
Foto: Liam Tomlin
Foto: Liam Tomlin

Bring die hoenderaftreksel, melk, room, knoffel, sampioene, tiemie, lourierblaar, roosmaryn en salot tot kookpunt in ’n swaarboomkastrol. Verlaag die hitte en laat prut 10 min. Verwyder van die hitte en laat trek 1 uur.

Gooi die getrekte aftreksel deur ’n fyn sif in ’n skoon kastrol. Plaas terug op die hitte en bring weer tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die aftreksel net prut.

Giet die polenta in ’n egalige stroom in terwyl jy met mening roer om te keer dat klonte vorm. Hou aan roer terwyl dit 10-12 min. oor matige hitte kook. Die polenta sal van die kante van die kastrol wegtrek wanneer dit gaar is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees