•  Vulsel Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en wortels by en roerbraai nog 1 min.
  •  Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
  •  Roer die res van die bestanddele by en roerbraai 10 min.
  •  Haal van die hitte af en laat afkoel.
  •  Vir afronding Skep van die vulsel in een van die onderste hoeke van ’n vel deeg.
  •  Vou die een kant oor sodat ’n driehoek vorm.
  •  Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  •  Verhit die olie vir diepvetbraai en braai die samoesas in sarsies tot goudbruin en bros.
  •  Dreineer op kombuispapier.