• Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, knoffel en seldery daarin tot sag. Voeg die droë sampioene by en meng deur.
  • Giet die kookwater oor, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat ­liggies prut tot geurig. Dreineer en giet die aftreksel terug in die kastrol.
  • Verhit intussen nog ’n bietjie olie in ’n pan en braai die vars sampioene daarin tot geurig.
  • Voeg die sampioene by die aftreksel in die kastrol, geur met die sout en peper soos nodig en voeg die wyn by, asook die bok choi of krulkoolblare, indien gebruik. Bring weer tot kookpunt.
  • Giet die sop in bakkies en sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.