• Braai die ui in die olyfolie tot deurskynend. Voeg die korente, dennepitte, peper en kaneel by en hou aan braai tot die dennepitte goudbruin is.
  • Voeg die rys by en roer tot goed met die ander bestanddele gemeng. Voeg net genoeg water by om die rys te bedek. Voeg die kruisement, dille, pietersielie en suur­lemoensap by. Kook tot die rys sag is.
  • Giet kookwater oor die druiweblare. Dit sal die blare laat versag en die oortollige sout wegneem wat gebruik is om dit te pekel. Spoel twee keer as jy wil. Pak die druiwe­blare op ’n plat oppervlak met die are na bo en die blink kant na onder. Skep ’n lepel van die mengsel op en rol die blare in klein, stywe sigare op.
  • Plaas ’n paar blare onder in ’n pot, pak die gevulde blare op mekaar en bedek met die warm water en olyfolie. Laat prut oor lae hitte tot die water geabsorbeer is. Laat die sarmas op ’n skinkbord afkoel en sit dit koud voor saam met suur­lemoenwiggies.