• Berei die beslag volgens die aanwysings op die verpakking. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Verhit genoeg olie vir diepbraai. Skep eetlepels vol van die beslag in die olie en braai die dhaltjies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Herhaal tot al die beslag op is.
  • Atjar-doopsous: Meng alles. Sit voor saam met die dhaltjies.