• Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Bespuit ’n bakplaat met kossproei. Spuit 12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.
  • Versprei die botterskorsie op die bereide bakplaat.
  • Drup die olie oor en rooster 15 min. of tot sag.
  • Skep die botterskorsie in ’n mengbak en voeg die spek, kaas en pietersielie by.
  • Meng liggies.
  • Klits die eiers en melk saam en giet by die botterskorsiemengsel.
  • Meng deur.
  • Voeg die res van die bestanddele by en roer.
  • Verdeel die mengsel tussen die muffinpanholtes en bak 15-20 min.
  • Boneslaai Meng alles goed en geur met die sout en peper.
  • Sit voor saam met die muffins.