Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die spek tot bros. Skep die spek uit en hou eenkant.
  • Braai die uie ongeveer 15 min. in dieselfde pan oor lae hitte. Voeg die suiker en asyn by en roerbraai nog 10 min. tot gekaramelliseer.
  • Skep die spek terug in die pan, verhit en geur met die sout indien verkies.
  • Laat heeltemal afkoel en skep in ’n gesteriliseerde fles, seël goed en hou in die yskas tot nodig.
  • Kaasbeskuitjies: Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas al die bestanddele saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot ’n deeg vorm. Keer die deeg uit, bedek met kleefplastiek en laat minstens 15 min. in die yskas rus.
  • Rol die broodjies uit, pak op die bereide bakplaat en bak 10-15 min. in die oond of tot goudbruin en bros. 
  • Vir voorsit: Sit die konfyt voor saam met die kaasbeskuitjies, vars roket en ekstra kaas indien verkies.