15 min.
4-6
Staan: 30 min. Gaarmaak: 30 min.
Bestanddele
- 15 ml (1 e) olie
- 200 g spek, in blokkies gesny
- 500 ml (2 k) bruismeel
- 2,5 ml (½ t) sout
- 30 ml (2 e) suiker
- 500 ml (2 k) karringmelk
- 125 ml (½ k) melk
- 3 eiers
- 5 ml (1 t) vanielje
- VIR AFRONDING
- olie, vir braai
- gouestroop of heuning
- ekstra gebraaide spek
- 1 Granny Smith-appel, ontstronk en in blokkies gesny
Metode

- Verhit die olie en braai die spek tot bros. Skep uit en hou eenkant.
- Meng die meel, sout en suiker in ’n bak en maak ’n holte in die middel.
- Klits die karringmelk, melk, eiers en vanielje goed saam. Giet die mengsel in die holte van die droë bestanddele en klits tot goed gemeng. Laat die mengsel minstens 30 min. staan.
- Vir afronding: Giet ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en drup lepels vol van die plaatkoekiemengsel in die pan.
- Sprinkel van die spek oor en bak oor matige hitte tot borreltjies op die oppervlak begin vorm. Draai die koekies versigtig om en bak tot goudbruin en gaar. Herhaal met die res van die spek en beslag.
- Sit die plaatkoekies voor saam met gouestroop of heuning, nog spek en appelblokkies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET