Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n groot bakplaat met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie in 'n pan en roerbraai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai tot geurig.
  • Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Roer die spinasie by en roerbraai tot verwelk.
  • Roer die pesto by en geur met die sout, peper en suurlemoensap.
  • Quesadilla: Sit twee tortillas langs mekaar op die bakplaat. Verdeel die vulsel tussen die tortillas en druk liggies platter. Sprinkel die kaas oor en plaas die ander tortillas bo-op.
  • Vir afronding: Sprinkel die kaas oor die que­sadillas en drup die olyf­olie oor. Bak 15-20 min. in die oond of tot goudbruin en tot die kaas gesmelt is.
  • Haal uit en sprinkel die biltong oor. Sny in skywe en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.