• Vryf die meeste van die velletjies van die boontjies af en dreineer.
  • Roerbraai die ui in ’n bietjie olie tot sag. Voeg by die boontjies en verpulp in ’n voedselverwerker tot sag. Meng die eiers by en geur met die cayennepeper en sout.
  • Vorm in netjiese ovaal vormpies. Gebruik twee poedinglepels om dit te vorm. 
  • Verhit genoeg olie in ’n kastrol en braai ’n paar koekies op ’n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
  • Tamatiesalsa: Meng al die bestanddele en sit voor saam met die koekies.

Nes rys is bone stapelkos in Brasilië. Hulle is ook die wêreld se grootste verbouer van bone. Straatkos is gewild en dié swartbekboonkoekies is bekend in die noorde, veral in Bahia waar dit deur vroue in kleurryke kostuums op sypaadjies verkoop word. Dis ’n eenvoudige gereg wat sy oorsprong in Afrika het. Die tamatiesalsa is heerlik hierby.

Wenk: Pleks van die swartbekboontjies kan 2 x 410 g-­blikke kekerertjies (gedreineer) ook gebruik word. Indien die mengsel dan te slap is, voeg net ’n bietjie koekmeel by.