Dié mini-empanadas is ’n Spaanse weergawe van die allergunstelinghandpasteitjies en word voorgesit saam met ’n geurige basilieolie.

  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat uit met bakpapier.
  • Deeg: Sit die meel en sout in die bak van ’n voedselverwerker.
  • Voeg die botter by en pols tot dit soos broodkrummels lyk.
  • Voeg die eier en 60 ml (¼ k) van die melk by.
  • Pols tot die deeg begin saamkleef.
  • Voeg die res van die melk bietjies-bietjies by, indien nodig. Keer die deeg uit, knie liggies, maak ’n bal en bedek met kleefplastiek.
  • Verkoel die deeg minstens 30 min.
  • Basilieolie Plaas die basilie en olyfolie in ’n klein kastrolletjie.
  • Verhit die olie oor baie lae hitte tot borreltjies om die basilie begin vorm. Haal die olie van die stoof af en hou eenkant tot heeltemal afgekoel.
  • Vulsel: Meng alles goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Voeg 60 ml (¼ k) van die afgekoelde basilie-olie by en meng deur.
  • Vir afronding Rol die deeg sowat 2 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  • Druk 10 cm-sirkels uit die deeg. Herhaal met die res van die deeg.
  • Verf ’n bietjie van die eierwit om die kante van ’n deegsirkel.
  • Skep ’n lepel vulsel in die middel en vou die deeg oor sodat ’n halfmaantertjie vorm.
  • Vou die deeg om die rand om en knyp vas.
  • Herhaal met die res van die deegsirkels en vulsel.
  • Pak die empanadas op die bereide bakplaat en verf liggies met die eiergeel.
  • Bak 12-15 min. of tot goudbruin en gaar.
  • Sit voor saam met die res van die basilie-olie.