Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Plaas die tamaties, knoffel, ui, soetrissie en aartappel in ’n oondvaste bak, sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en geur met die sout en peper.
  • Oondbraai 25-30 min. of tot die tamaties sag en effens geskroei is.
  • Skep uit in ’n kastrol, voeg die tamatiepasta en aftreksel by, geur met die cayennepeper, suiker en sout en peper na smaak. Voeg ’n hand vol basilie by.
  • Bring tot kookpunt en laat prut sowat 15-20 min. tot geurig. 
  • Maak fyn met ’n staafmenger en giet deur ’n sif.
  • Skep op en rond af met die basilieblare en, indien gebruik, chorizo.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.