Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n groot bakplaat byderhand.

  • Versprei die neute en klapper op die bakplaat en rooster 5 min. Roer en rooster nog 5 min. of tot die klapper effens begin verkleur.
  • Laat die mengsel heel­temal op die bakplaat afkoel. Kap rofweg op,indien verkies.
  • Meng die res van die bestanddele by die neutmengsel in en skep in ’n groot fles of ’n lug­digte houer. Seël goed en bêre op ’n koel, donker plek tot benodig.

BÊRETYD: tot 1 maand