Hou 3-4 gesteriliseerde flesse byderhand.

  • Kook die bete tot net gaar. Dit moet nog effens ferm wees en nie pap nie. Laat dit afkoel en skil af.
  • Sny die bete in skywe, rasper of sny in kwarte of selfs in stokkies. 
  • Plaas die res van die bestanddele saam in ’n kastrol en roer aanhoudend tot die suiker op­gelos is. Voeg die beet by die piekelmengsel en laat 10 min. oor ’n lae hitte prut. Verwyder van die hitte.
  • Skep die beet met ’n gaatjieslepel uit die piekel en pak in die bereide flesse. Giet van die piekel oor die beet tot alles met vloeistof bedek is. Seël die flesse en laat heel­temal afkoel.
  • Bêre die beet minstens ’n week in ’n koel, donker plek voor dit geëet word. Sodra jy die beet oopmaak, hou dit in die yskas. Die beet is heerlik saam met gebraaide steak.

Piekelbeet is altyd ’n wenner. Beproef ons weergawe.