Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai dan die uie daarin tot dit sag is. Voeg die knoffel by en braai nog 'n paar minute.
  • Plaas al die speserye in die kastrol en braai 5 min. terwyl jy deurentyd roer.
  • Voeg die lourierblare, hoenderaftreksel en ­kekerertjies by en kook nog 10 min.
  • Meng die mielieblom met 'n bietjie water ­(sowat 60 ml) tot ’n loperige pasta sonder klonte vorm. Giet die mielieblommengsel in die kastrol en roer tot die mengsel verdik.
  • Haal die kastrol van die hitte af en voeg die vars kruie, heuning, sout en versnipperde hoender by.
  • As jy die kataifi-deeg of dun gesnyde filodeeg gebruik, giet die gesmelte botter oor die deeg en vryf dit alles saam tot al die deeg­drade met die botter bedek is. Voer 'n ronde 32 cm-losboompan met die deeg uit (of gebruik 'n kolwyntjiepan vir ­individuele pasteie) – plaas die deeg op die bodem en 4 cm teen die kante op. Giet die vulsel in en bedek die bokant met nog deeg. As jy velle filodeeg ­gebruik, verf die velle met botter en plaas ses velle in lae in die losboompan – voer die bodem en kante met die een kant van die deegreghoek uit en laat die ander oor die rand van die pan hang. Wanneer jy ses lae op die bodem het, skep die vulsel in die pasteidop en vou die ander kant van die deeg bo-oor om die “deksel” van die pastei te vorm. 
  • Bak 45 min. vir 'n groot pastei of 25–30 min. vir kolwyntjiegrootte-pasteie tot die deeg goudkleurig en bros is.
  • Resep deur Kate en Rebecca Lund
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.