• Verhit die botter in ’n groot kastrol en braai die knoffel daarin tot sag. Voeg die uie by, verlaag die hitte en braai stadig sowat 20-30 min. tot die uie goudbruin, gekaramelliseer en sag is.
  • Voeg die wyn by en verhit tot afgekook. Voeg die aftreksel by en laat sowat 30 min. liggies prut tot geurig. Geur goed met die sout en peper. Verdik met ’n bietjie meelpasta indien verkies. Skep in bakkies. Sprinkel die pietersielie oor.
  • Vir voorsit: Plaas die snye brood op ’n bakplaat en sprinkel die kaas oor. Rooster onder die roosterelement tot gesmelt. Plaas bo-op die sop.
Tuisgemaakte beesaftreksel

LEWER SOWAT 2,5 L 
AFTREKSEL
Bereiding: 20 min.
Kook: 3-6 uur

2,5 kg sopbene en ’n bietjie stowebeesvleis 
3 wortels
3 selderystele, gekap
2 groot uie, in stukke gesny
1 groot knoffelbol, gehalveer 
olie
sout
5 lourierblare 
2 takkies vars tiemie
15 ml (1 e) swartpeper-korrels 
1 bossie pietersielie, gekap
30 ml (2 e) sout of na smaak 
90 ml (6 e) appelasyn 

Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Plaas die bene, wortels, seldery, uie en knoffel in ’n oondpan, giet ’n bietjie olie oor en besprinkel met die sout. Oondbraai 40-45 min. tot die vleis en groente kleur het. 
  • Verwyder uit die oond en skep alles in ’n groot kastrol. Voeg die lourierblare, tiemie, peperkorrels en pietersielie by. Geur na smaak met die sout en voeg die asyn by. Giet genoeg koue water by om alles te bedek.Bring tot net-net by kookpunt en laat baie liggies prut so lank jy kan, verkieslik 6 uur, maar minstens 3 uur. As jy haastig is, maar dis nog nie geurig genoeg  nie, kan jy 2-3 beesaftrekselpotjies byvoeg.
  • Dreineer en giet deur ’n stuk kaasdoek om ’n helder aftreksel te kry. 
  • Laat heeltemal afkoel, skep die gestolde vet af en giet die aftreksel in bottels of bakke. Bêre dit so in die ys- of vrieskas. Of gebruik in ’n resep.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.