• Roer die water, kitsgis en suiker saam in ’n klein bak. Sit 5 min. eenkant.
  • Sif die meel en sout saam in ’n groot bak en voeg die 30 ml (2 e) olie by. Voeg die gismengsel by en bring die deeg in die bak bymekaar. Keer uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie 5-10 min. tot rekbaar en glad.
  • Smeer ’n bak met ’n bietjie olie. Plaas die deeg in die gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat rys sowat 1½ -2 uur.
  • Maak gholfbalgrootte- balle deeg en laat nog 15 min. rys. Diepbraai sowat 5 min. of tot goudbruin in matig tot warm olie. Dreineer op kombuispapier. Sny oop wanneer dit afgekoel het en vul met maalvleiskerrie of kaas en konfyt.