• Steek ’n garnaal, waatlemoendriehoek, rooi-ui en halloumikaas aan ’n sosatiestok. Ryg ’n ander stel bestanddele in enige volgorde in. Geur met sout en peper en sit eenkant.
  • Doen dit tot al die bestanddele gebruik is. Verf die sosaties met die balsemieke reduksie en braai 1 min. weerskante in ’n warm riffelpan.

Wenk

Vervang die garnale met stukkies vark wat met sout en peper gegeur en apart gerooster is voor dit saam met die waatlemoen ingeryg word.