Aartappels en Franse polonie word gerasper, gegeur en gemeng om ’n rosti-mengsel te vorm wat in skywe platgedruk en tot goudbruin gepanbraai word. Elke rosti word met ’n groot lepel pikante geklitste feta en ’n bolaag van jou keuse voorgesit – dis #DieLekkerLewe. 

Aartappel-en-polonie-rosti

  • Plaas die gerasperde aartappel in ’n kombuishanddoek, maak dit dan toe en draai die handdoek om die oortollige vloeistof uit te druk.
  • Plaas die aartappel, polonie, meel en sout in ’n groot bak en meng goed.
  • Skep van die mengsel in die palm van jou hand, afhangend van die porsiegrootte wat jy wil hê, en vorm in ’n plat skyf.
  • Herhaal die proses met die oorblywende rosti-mengsel.
  • Verhit die olyfolie in ’n pan oor matige hitte en braai elke rosti tot goudbruin weerskante.

Pikante geklitste feta

  • Voeg die feta, suurlemoensap en -skil in ’n mengbak en klits tot glad. 

Vir voorsit

  • Sit elke rosti voor bedek met ’n lepel vol pikante geklitste feta.
  • Voeg roereier by om dit ’n ontbytbederf te maak.