Niemand het tyd vir ’n gemors en moeite nie – hierdie alles-in-een ontbyt is perfek vir daardie gejaagde oggende voor jy moet werk of skool toe gaan. Onthou, dis #DieLekkerLewe . . . 

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Verhit olyfolie in ’n pan, en braai die worse tot dit net begin verbruin.
  • Haal dit uit die pan en sit dit eenkant om af te koel voor jy dit in stukke sny.
  • Braai die ui in dieselfde pan tot net sag.
  • Voeg die sampioene by en braai tot net sag.
  • Voeg die sousbone by en roer goed tot gemeng en deurwarm. 
  • Voeg die worsstukke by en meng goed. Verwyder van die hitte en sit eenkant. 
  • Skep die bone-en-worsmengsel in ’n vlak oondskottel.
  • Maak vier holtes met ’n lepel, en breek ’n eier in elkeen.
  • Geur die gereg met sout en peper en strooi die kaas oor.
  • Sit die skottel in die oond en bak vir 10-15 min. tot die eiers geset is na jou smaak. 
  • Garneer met pietersielie voor jy dit voorsit.