Gesond eet is doodmaklik en blitsvinnig met dié #DieLekkerlewe kombinasie van superkosse.

  • Kook die quinoa volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Sit dit dan eenkant en hou warm.
  • Verhit olyfolie in ’n groot pan, en braai die worse tot verbruin en deurgaar.
  • Verwyder van die hitte, laat effens afkoel, en sny dan in munte en sit eenkant. 
  • Voeg nog ’n bietjie olie in dieselfde pan indien nodig.
  • Voeg dan die knoffel by en braai liggies tot geurig, sowat 1 min. 
  • Voeg die broccoli en songedroogde tamaties by en kook sowat 10 min. terwyl jy aanhoudend roer tot die broccoli versag het. 
  • Voeg die mieliepitte, worse en gaar quinoa in en roer sowat 3 min. sodat alles deurwarm word. 
  • Geur met seesout en peper en sit warm voor. 

Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer en R5 000 kontant weekliks wen!