Hulle sê daar is ’n bietjie Italiaans in almal van ons, en jy sal almal met dié maklike kaasresep beïndruk. 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Verhit olyfolie in ’n groot oondvaste braaipan.
  • Voeg gnocchi by en kook sowat 7-8 min. of tot effens verbruin terwyl jy gereeld roer.
  • Verwyder uit die pan en sit eenkant. 
  • Voeg die beesworsies in die pan en kook tot verbruin en deurgaar.
  • Verwyder die worsies uit die pan en sit eenkant.
  • Voeg nog ’n bietjie olie in die pan indien nodig en voeg die blokkies tamaties, knoffel, pietersielie, origanum, sout en peper in die pan.
  • Bring tot prutpunt.
  • Voeg die gnocchi terug in die pan.
  • Roer die room in en kook nog ’n paar minute tot alles deurwarm is.
  • Bedek met mozzarellakaas en plaas pan 5 min. in die oond of tot die kaas gesmelt het en borrel. Verwyder uit die oond en sit warm voor met ’n strooisel Italiaanse platblaarpietersielie.