Ons vertolking van ’n tradisionele gunsteling is propvol #DieLekkerLewe-geure. 

Bobotie-frikkadelle in jogurt

  • Braai die ui in die olyfolie en botter in ’n braaipan oor matige hitte tot glansend.
  • Voeg die bobotiespeserymengsel en frikkadelle by en braai 8 min.
  • Giet die jogurt in en draai die hitte af.

Brandrissie-roereier

  • Voeg die olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die brandrissie.
  • Skei die eiers en voeg die eierwitte in die pan.
  • Roer tot heeltemal gaar en voeg dan die eiergele by.
  • Roer tot goed gemeng en gaar en verwyder van die hitte.
  • Roer die suurroom in, geur met die sout en peper en sit eenkant.

Koljanderrys

  • Braai die preie in die olie in ’n pan oor matige hitte en voeg die komyn en koljanderblare by.
  • Meng met die rys.
  • Voeg die rys-en-preiemengsel in ’n bak, geur met die sout en peper en meng goed.

Vir voorsit:

  • Sit die bobotie-frikkadelle en roereier op ’n bed van koljanderrys voor.