Boeddhabakkie, voedsame bakkie, reënboogbakkie – noem dit wat jy wil, dié bakkie is mos #DieLekkerLewe!

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Klits die tamatiesous, Sriracha-sous, 45 ml pynappelsap van die geblikte pynappels, heuning, hoisinsous, vissous, asyn, sout, peper, knoffel en gemmer saam in ’n klein bakkie om ’n baksous te maak.
  • Plaas die varklende in ’n oondbak en skink die baksous daaroor.
  • Maak seker al die vleis is goed bedek. 
  • Plaas die vleis in die oond en bak vir 45-50 minute; bedruip en draai af en toe om.
  • Haal uit die oond wanneer dit klaar is, bedek met foelie en laat staan eenkant om te rus.
  • Kook die quinoa volgens die instruksies op die pakkie.
  • Verwyder van hitte en laat staan eenkant as dit klaar is. 
  • Sny die varklende in dun snye of blokkies. 
  • Verdeel die quinoa in bakkies en pak lae vark, wortelstokkies, komkommersnye, koljander en plaas gesnyde jalapeño bo-op.
  • Bedruip met Sriracha, indien jy dit verkies.
  • Sit warm voor.