Dié #DieLekkerlewe  broodlose Duitse worsrol, voorgesit saam met ’n lang yskoue bier, gebakte aartappels en suurkool, sal so gewild wees, jy sal ’n tweede porsie moet maak.

  • Verhit olie in ’n braaipan en braai die frankfurters tot bruin en deurgaar, verwyder van hitte en sit eenkant.
  • Braai die ui in dieselfde pan tot net sag, voeg aartappels en botter by en meng.
  • Geur met sout en peper en braai op matige hitte tot die aartappels gaar is en effens verbruin.
  • Roer af en toe. 
  • Verwyder van hitte wanneer dit klaar is en laat staan eenkant. 
  • Sit die frankfurters voor saam met ’n ruim skeut suurkool, die bros aartappels en Duitse mosterd