Die suurheid van die pikante, soet piekel breek die rykheid van die varklies en skep ’n #DieLekkerLewe-geurkombinasie wat jou weer sal laat opskep.

Voorverhit die oond tot 220°C.

Bros varklies

  • Voer ’n oondbak met vetbestande papier uit, plaas die varklies daarop en vryf met die growwe sout. 
  • Plaas dit in die voorafverhitte oond en bak 2 uur tot goudbruin en bros. 

Patat-en-brandrissiepiekel

  • Verhit ’n kastrol oor matige hitte, voeg al die piekelbestanddele by en kook 10 min.
  • Gooi die piekel in ’n gesteriliseerde bottel en verseël terwyl warm. 

Vir voorsit

  • Sny die varklies in skywe en sit voor saam met patat-en-brandrissiepiekel as bykos.