10 min
4
10 min
Bestanddele
- 15 ml olyfolie
- 1 boks Eskort Mini Frikkadels
- 100 g basiliepesto
- 100 g roomkaas
- 1 bakkie vars basilieblare
- 1 bakkie kersie- of Rosatamaties
- 150 g Bocconcini Mozzarella
- 8 sosatiestokkies
Metode

- Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die frikkadelle tot deurwarm.
- Meng die basiliepesto en roomkaas saam in ’n bak en plaas eenkant.
- Ryg ’n frikkadel aan ’n sosatiestok, gevolg deur ’n basilieblaar, ’n tamatie en ’n stuk mozzarella, en herhaal tot die stokkie vol is.
- Herhaal met die oorblywende bestanddele en stokkies.
- Sit die sosaties saam met die basiliepesto-roomkaas as ’n doopsous voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET