Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakteur, se gunstelingvleissoort is varkvleis, en as dit gepluisde varkvleis is, is sy in die sewende hemel. Om dit te berei, kan moeisaam wees, maar met Eskort se klaargemaakte produkte kan ’n mens binne minute ’n heerlik gepluisde varkvleisslaai met geroosterde groente op die tafel hê.


  • Verhit die vark in die oond of mikrogolfoond soos op die pakkie aangedui.
  • Sous Meng al die bestanddele en laat staan eenkant.Groente Voorverhit ’n riffelpan tot warm en voeg die olie by. Braai die kool, wortels en appelwiggies tot roosterlyne verskyn. Voeg nog olie by soos nodig en geur met die sout en peper. 
  • Haal die vark uit die oond. Plaas die spinasie op ’n groot opdienbord en pak die groente en appel daarop. Skep ’n paar stukke vark in die middel van die slaai.
  • Strooi die dadels, seldery, lemoen en okkerneute oor en bedruip met die sous. Sit voor saam met ekstra slaaisous en geniet teen kamertemperatuur.   

Wenk: As daar oorbly, sit dit voor op ’n hamburger met koolslaai.