Huisgenoot se kosredakteur en aanbieder van die gewilde VIA-kosprogram Jy Het ’n Wenresep, Carmen Niehaus, bederf ons met ’n ou gunsteling van haar. Vrydagaande was in haar kinderjare warmbrak-aand, en dié heerlike warmbrakke in samewerking met Eskort is ideaal vir ’n honger gesin. Geniet dit saam met koolslaai.

Voorverhit die oond tot 180 °C.

HEUNING-GEGLASEERDE WEENSE WORSIES

  •  Sny kepe met ’n skerp mes in die worsies en rangskik op ’n bakplaat. Bedruip met die heuning en oondrooster sowat 5 min. tot bruin en warm. Moet dit nie te lank bak nie; dit sal bars. 

KOOLSLAAI

  • Meng die kool, rooi-ui en seldery.
  • Meng die jogurt en mayonnaise en voeg dit by die koolmengsel. Voeg die suurlemoenskil, grondbone en koljanderblare by en meng.

VIR VOORSIT

  • Kry die worsbroodjies gereed. Meng die botter en mosterd om mosterdbotter te maak. Pas die hoeveelhede aan volgens jou smaak. Sny elke rolletjie oop en smeer die binnekant ruimskoots.
  • Vul die rolletjies met die slaai en bedek met ’n glansende worsie in elke rolletjie.