Jy gaan smag na nog ná elke happie van dié tropiese slaai!

  • Meng die olyfolie, lemmetjieskil en sap, grasuie, pietersielie, bruinsuiker, sout en peper in ’n bak en meng tot die suiker heeltemal opgelos is.
  • Sny die tamaties in die helfte, voeg by die bak en laat staan eenkant.
  • Bedek die pynappel met strooisuiker en braai in ’n pan oor hoë hitte tot dit gekaramelliseer en effens verkool is. 

Opdiening:

  • Plaas die lensies in ’n slaaibak, voeg die tamatiemengsel daarby en plaas die gebraaide pynappel bo-op.
  • Sit voor met suurroom.