• Verhit die olie in ’n braaipan en braai die gerookte Weense worsies 1-2 min. tot deurwarm. 
  • Verwyder van die hitte en laat effens afkoel voor jy dit in stukke sny. 
  • Dreineer die tuna en meng saam met die mayonnaise, suurlemoensap en paprika.
  • Roer die gerookte Weense worsies, mieliepitte, komkommer, rooi soetrissie en seldery in en geur met die sout en peper.
  • Verdeel die vulsel tussen die tortillas en skep dit na die een kant van die middel af.
  • Vou die ongevulde helfte om die vulsel en druk dit aan die een kant in om dit toe te hou.