Voorverhit die oond tot 220 °C.

  • Meng die broodkrummels, Italiaanse kruie en knoffelpoeier in ’n vlak skottel.
  • Sny die hoenderborsies in die lengte om ’n plat, oop filet te kry, moenie heeltemal deursny nie.
  • Borsel elke borsie met ’n bietjie olyfolie, geur liggies met die sout en peper en bedek met die broodkrummels.
  • Plaas ’n stukkie ham en ’n bietjie kaas op elke hoenderborsie.
  • Rol dit versigtig op, begin by die kort kant en maak met ’n tandestokkie vas.
  • Plaas die hoenderrolletjies in ’n oondbak en bak 20-25 min. tot die hoender deurgaar en goudbruin is.
  • Haal uit die oond en sit warm voor saam met pietersielie en ’n bygereg van jou keuse.